Om-die-Dam dié naweek

Meer as 10 000 atlete en nog meer toeskouers. word in die omgewing verwag.

Die organiseerders, die Madibeng munisipaliteit en privaat kontrakteurs is dié week hard aan die werk om in en om Hartbees-poort op te ruim en reg te maak.

“Ons vra dat inwoners geduldig moet wees met die ontwrigting en die dag saam met die atlete geniet.,” sê organiseerder, Johan van Molendorf.

Die hardlopers spring 06:00 vanaf Village Mall fase 1 weg. Tielmanstraat sal van voor 06:00, tot 07:00 toegemaak word. Fase 2 by Pick n Pay sal ook toegemaak word tot 07:00 waarna die publiek dit weer vir parkering kan gebruik.  Fase 1 by Checkers sal egter gesluit bly tot na die wedloop om 14:00.   Die ingang aan die bokant van McDonald’s gaan ook slegs tot 07:00 gesluit wees, waarna die publiek daar ook kan parkeer.

Die R511 vanaf die onderpunt van Saartjiesnek sal ‘n dubbelbaan wees tot net voor die Portugese restaurant, waar die hoofparkeerarea is om die invloei van atlete en toeskouers te vergemaklik.

Die R511 sal net na 06:00 weer na normaal terugkeer.

“Ek beveel aan dat Harties-inwoners indien moontlik die R511 vermy terwyl die wedloop aan die gang is. Al die ander paaie sal toeganklik wees, al is dit  slegs ‘n enkelbaan.”

Die damwal sal gesluit wees vanaf 05:30 tot 07.30.

Atlete en stappers kan nog inskryf vir die 10 km en 5 km by Panarotti’s in die Village Mall. Inskrywings kan ook op die oggend van die wedloop gedoen word.

Vermaak sal Saterdag deur die dag by Village  Mall aangebied word en almal word genooi om aan die feestelikheid deel te neem.

Buurtwagte, Hartbeespoort polisie, die Madibeng verkeer, sowel as provinsiale polisie en verkeersdepartemente, sal saamspan om verkeer te reguleer en besoekers veilig te hou.

“Ons sien uit na ‘n suksesvolle Om-die-Dam 2016.”

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Vulture on the go