Netbalspan sien slaggate reg

Verlede week, net voor Om-die-Dam het spelers van Hoërskool Hartbeespoort se eerste rugbyspan hand bygesit met die lelike slaggate net voor die robot by die skool, en toe sommer ‘n uitdaging gerig aan ander sportspanne om ook hand uit die mou te steek.

Die eerste netbalspan van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het Woensdagoggend daad by die woord gevoeg en die spanlede het hulle pouse opgeoffer om te help om die slaggate voor dié skool in Malanstraat reg te maak.

“Ons het die nodige voorbereiding gedoen, maar hulle het gehelp om die gate met teer te vul, dit vas te stamp en netjies te maak, al het dit soms met ‘n groot gegiggel gepaard gegaan,” vertel Paul.

Die graad-eens van die skool het kom kyk hoe hulle senior maats hulle deel vir die gemeenskap doen.

“So stuk-stuk sal ons Hartbeespoort weer in ere herstel,” sê Paul.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Vulture on the go