Vyf dood in naweek-ongelukke

Drie mense, onder wie ‘n klein seuntjie is Saterdag in dié ongeluk op die N4 dood.

Drie mense, onder wie ‘n jong seuntjie is Saterdag laatmiddag dood en ten minste nog twee mense ernstig beseer in ‘n gru-ongeluk op die N4 hoofweg naby Mooinooi. Volgens inligting op die toneel het die twee voertuie, ‘n BMW en ‘n Mercedes Benz kop-aan-kop gebots en die kind is uit een van die voertuie geslinger. Die twee ander oorledenes was insittendes van die Mercedes Benz. Hartbeespoort Noodredding het een van die ernstig beseerdes na die Brits Distrikshospitaal geneem. Die ander beseerde is deur ‘n ander diens behandel en vervoer.
•  ‘n Man is dood en ses mense beseer in nog ‘n gru-ongeluk op Saartjiesnek in Hartbeespoort Saterdagaand. ‘n Corsa bakkie, Volkswagen Golf en ‘n Toyota RunX was in die ongeluk betrokke. Die Volkwagen Golf het gerol  en die bestuurder is dood. Die beseerdes is na die Kalafong-hospitaal, Brits-hospitaal en Brits Mediclinic vervoer.
• ‘n Passassier van ‘n voertuig is Sondagoggend dood en die bestuurder ernstig beseer in ‘n enkelvoertuigongeluk langs die Ou Rustenburgpad in Bokfontein. Die ongeluk het om ongeveer 06:00 gebeur. Die bestuurder is na die Brits Distrikshospitaal geneem vir behandeling.
• Drie mense het Saterdagmiddag ligte beserings opgedoen toe twee voertuie op die N4 hoofweg naby die Bapong-weegbrug gebots het. Al drie beseerdes is na Mediclinic Brits geneem vir behandeling.
• Drie mense was Sondag laatmiddag gelukkig om net ligte beserings op te gedoen het toe ‘n taxi en bakkie by die kruising van Van Deventerstraat en Gert Scheepersstraat gebots het. Die beseerdes is na die Brits Distrikshospitaal geneem.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Vier dood in gru-ongeluk