Hartbeespoort groet die Venters

Dr Peter Mundt gee Bessie Venter ‘n afskeidsdruk voor haar aftrede verlede week na 32 jaar by sy spreekkamer.

Na bykans 17 jaar by die Hoërskool Hartbeespoort lê Frik Venter, beter bekend aan talle skoliere as oom Frik, aan die einde van hierdie jaar die tuig neer, en Bessie, alombekend as dr Peter Mundt van Schoemansville se regterhand van 32 jaar, het einde November afgetree.

Frik het hom in 1999 by Hoërskool Hartbeespoort aangesluit na verskeie ander onderwys- en bestuursposte departementeel.Sy skoolwerk is met ywer en toegewydheid aangepak. Hy het altyd kwaliteit werk gelewer. Werk en klasgee was vir hom ‘n vreugde, ‘n mens kon dit van almal in die skool hoor. Hierdie eienskap het vir hom altyd goeie resultate gelewer.

Weens Frik se harde, bulderende stem was dissipline ook deel van sy werk. As hy eenmaal gepraat het, is daar geluister. Hy het ook weens sy gesag jare lank die leerlingraad gelei en rigting gegee. Die leerlinge het Frik baie na aan die hart gelê. Hy het ‘n sagte plekkie vir elkeen gehad en saam met hulle gelag en gehuil. Hy het hulle opgevoed en hulle met al hulle probleme by die skool sowel as op persoonlike vlak ondersteun, altyd met die grootste liefde.

Bessie, wat dr Mundt se spreekkamer met ‘n ysterhand regeer en elke pasiënt se belange op die hart gedra het, sal onthou word vir haar groothartigheid, spontanïteit en lojaliteit. Haar lekker aansteeklike lag sal ook gemis word. Sy was al ‘n instelling en het pasiënte se kinders se kinders voor haar gesien grootword.

Die Venters vestig hulle nou op hulle aftreeplaas naby Orighstaddam en sal ook nou kans kry om lekker lank by die kinders in Amerika te kuier.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Hartbeespoort beste betalers