Nuwejaar, nuwe voornemens of nie?

En so min of meer werk die jaar maar uit en as ons weer sien is dit alweer Kersfees.

Ek het besluit om twee voornemens te hê. Albei het niks met my uit te waai nie, maar dit het alles met my uit te waai. Ek het nou so gedink – dit help nie mens probeer vir jouself voornemens uitdink nie, want lyk my dit werk nie. Nou kom ons dink voornemens tot voordeel van ander uit.

My eerste voorneme is dus: ek gaan begin plastieksakkies uit my lewe uit verban. Nadat ek in Desember huis skoongemaak het, kom ek agter dat ek die koningin van plastieksakke is. Ja, wragtig, my hele spens lê vol van die vieslike, aardverwarmende en -vernietigende goed. Ek onthou hoe my ma se een kas (toeka se tyd) ook so vol sakkies gelê het. Ek gaan van vandag af probeer om te onthou om materiaalsakke in my kar te hou en as ek by die winkels moet ingaan, gaan ek dit saamvat. Ja, ek gaan probeer. Ek gaan regtig. Nie net help ek die aarde nie, maar ook gaan ek beter voel oor myself dat ek darem iets probeer om die natuur te help.

En my ander voorneme het te doen met ander mense. Ek gaan waar ek kan, of ek nou in ‘n goeie bui of goed beneuk is, probeer om mense om my te komplimenteer. Sommer enigeen. Die hardwerkende vrou agter die winkeltoonbank, die ou voor my in die ry by die staatsdienskantore, die vreemdeling in die straat en die bekende in die koffiewinkel. Almal het iets mooi aan hulle.

Soek dit. Vertel dit vir hulle en jy gaan sommer self uit jou toestand van woede en depressie oor jouself kom. Dis mos Sielkunde 101. En terselfdertyd help jy iemand wat dit dalk nodig het deur sy of haar dag. Glo my, almal het dit nodig. Ek gaan dit doen. Elke dag eenkeer. Ten minste. Nou ja! Hier gaan ek. Dag een. Voorspoed met jou eie voornemens. Hoop jy kom ook verby dag 1.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Next Story
Is government trying to steal your rights?