Maandag babalaas – koop ‘n regmaker en ‘n siekbrief

Foto: Istock.co

James Lwanyaga (48) en sy vriend, Paul Linton Ssengoba (47)‚ albei Uganda-burgers‚ is in die Bafokeng landdroshof borgtog geweier na hulle deur die Valke in hegtenis geneem het op ‘n aanklag van oortreding van die wet op gesondheidsberoepe,
Die Valke, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe het verlede week op die twee mans se bedrywighede toegeslaan na hulle inligting ontvang het dat die twee besig was om onwettig as dokters te praktiseer.
“Die twee mans het op drie geleenthede mediese sertifikate aan polisiemanne, wat hulle as klante voorgedoen het, teen R150 tot R300 verkoop, sommer in die kroeg” het woordvoerder, kolonel Robert Netshiunda gesê.
Die Valke het Lwanyaga se huis deursoek en mediese sertifikate van nege verskillende dokters gevind. Al die dokters is by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer.
Die twee mans sal weer in Februarie weer in die hof verskyn.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
‘n Nuwe Elize – byna 50 kg ligter en op televisie