Madibeng sink al hoe dieper in die skuld

Dit het aan die lig gekom toe Madibeng net-net die dreigemente van Eskom, aan wie die munisipaliteit miljoene skuld, om elektrisiteitstoevoer af te sny, vrygespring het. Madibeng het vroeër die maand, na ‘n geskarrel, R40 miljoen van hul R90 miljoen skuld aan Eskom betaal. Madibeng het tans ‘n ooreenkoms met Eskom dat die uitstaande gelde afbetaal kan word.

Dit is egter nie die einde van Madibeng se verknorsing nie. Madibeng skuld ook vir Tshwane ‘n verdere R24.9 miljoen – R7.1 miljoen vir elektrisiteit en R17.8 miljoen vir water. Tshwane verskaf elektrisiteit aan groot dele van Hartbeespoort en het al vantevore die gebied se krag afgesny weens Madibeng se wanbetaling.

Volgens Tshwane het Madibeng nog geen ooreenkoms met hulle gesluit nie en het Tshwane reeds dele van Madibeng se water begin sny. Die dienste sal eers hervat word wanneer Madibeng die uitstaande rekening ten volle vereffen.

Maar volgens ‘n woordvoerder van Madibeng, Tumelo Tshabalala, het Madibeng bloot nie die geld om sy skuld te kan betaal nie. Hy plaas die blaam vir die probleem op die skouers van die gemeenskap. Hy beweer inwoners betaal bloot nie hulle rekeninge nie. Volgens hom ondervind die munisipaliteit ‘n baie lae koers van betaling van belasting en dienste deur verbruikers – huishoudings, besighede en fabrieke. Hy beweer dat in sommige gebiede die betalingskoers laer as 20% is.

Die gebrek aan elektriese diensverskaffing deur Madibeng het ‘n verdere gevolg – die onvoldoende voorsiening van water aan sekere dele van die gemeenskap. Die Mmakau gemeenskap kan sedert November 2016 geen water uit hulle drie boorgate pomp nie, omdat Madibeng nog steeds nie die nodige elektrisiteit kan voorsien nie. Die gemeenskap, asook ander in die Madibeng munisipaliteit, is afhanklik van watertenkers. Madibeng betaal die eienaars R50 000 elk per week om verskeie gebiede van water te voorsien.

Madibeng, wat tragies en ironies “Plek van Water” beteken, gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder die waterkrisis. In 2014 is twee mense dood tydens ‘n protes oor die gebrek aan waterdienslewering in die munisipaliteit. In ‘n program deur Carte Blanche oor die krisis in Madibeng is bewerings gemaak dat sekere raadslede saam met korrupte watertenkereienaars die waterinfrastruktuur van Madibeng saboteer om sodoende munt te slaan uit die waterkrisis.

Daar is geen aanduiding dat die toestand enigsins in 2017 gaan verbeter nie. Inteendeel – alles dui daarop dat Madibeng steeds dieper in die skuldput gaan sink. Die hele Noordwesprovinsie is in ‘n finansiële gemors en n’ swart wolk van korrupsie hang oor die amptenare en politici, so geen hulp kan van dié oord verwag word nie. Die nasionale regering moes al verskeie kere in die administrasie van Madibeng ingryp, sonder enige daadwerklike suksesse.

Alhoewel Hartbeespoort een van die grootste (en beste) betalers aan Madibeng is, word die gebied jaarliks afgeskeep met geen toewysing van enige fondse in die munisipale begroting nie.

Kormorant berig weekliks oor die verval van Hartbeespoort. Hopelik is 2017 die regte tyd vir leiers in die plaaslike gemeenskap om te besin oor die toekomstige verhouding tussen Hartbeespoort en Madibeng.

  AUTHOR
Deon van Huizen
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Next Story

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other