Bie vir Broedies se nuwe bus

Bekende kunstenaar Adriaan Boshoff junior en sy vrou, Andri, het ‘n aanlyn veiling begin om fondse in te samel vir ‘n nuwe 40-sitplek bus vir dié plaasskool, of ten minste vir ‘n goeie deposito. Die veiling sluit volgende Woensdag af.

Buiten ‘n skildery van die bus deur Adriaan, gaan daar ook gebie word op skilderye van medekunstenaars, asook pryse soos spa- en etebewyse van luukse hotelle in die omgewing.

Die skool se geel bus is al so deel van die Hartbeespoort landskap as die dam en die Magaliesberg. Die bus bedien nie net die laerskool nie, maar vervoer as ‘n vergunning ook hoërskoolleerlinge en gemeenskapslede van Flora Park en omstreke dorp toe en vir baie is dit hulle enigste vervoermiddel.

“Omdat die bus so oud is, is die maandelikse herstelwerk nie meer ekonomies nie. Daarby is daar ook nie meer geredelik parte vir die stokou geel Mercedes Benz beskikbaar nie. As die bus staan, moet twee ritte met die ander klein bus onderneem word. Van die kinders word soggens 06:00 al opgelaai en kom eers 15:00 tuis. Die skool moet ook soms alternatiewe vervoer reël, want die kleiner skoolbus is ook meer stukkend as op die pad,” verduidelik Adriaan en Andri, jare lange ouers van die skool.

Die aanlyn veiling vind volgende week Woensdag, 15 Februarie plaas. Om die skilderye te besigtig en te bie, besoek asseblief Envy Artists Direct Online Auctions se Facebookblad.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Next Story x
Young Expendables celebrate sweet victory

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other