Man doodgeskiet in huisroof

Nicky Harmse (61) is kort daarna dood. Harmse, sy vrou, Grace (56), dogter, Bianca (31) en haar vyfjarige seuntjie het geslaap toe vyf gewapende mans hulle kort na middernag oorval het. Die rowers het ‘n deur oopgebreek.

 “Ek het wakker geword toe iemand sy hand oor my mond druk en sê ek moet stilbly,” het Bianca aan Kormorant gesê. Die rowers het haar selfoonlaaier se kabel gebruik om haar mee vas te bind en gevra vir geld.

“Ek het vir my pa geskree en hy het uit hulle slaapkamer gekom. Een van die rowers het hom geskiet. Ek het hom net hoor sê: “No man, why?”.

Harmse is in die bors getref. Hy het na die bed teruggestrompel en is langs sy vrou dood.

“Die rowers het my ma in my kamer ingedwing. My vyfjarige seun, wat langs my geslaap het, het so half wakker geword en ek het gesê hy moet verder slaap. Gelukkig het hy weer aan die slaap geraak. Ek was bang as hy wakker word en begin huil, sou die rowers iets aan hom doen.”

Sy het voor haar kind op die bed gaan sit om hom te beskerm.

“Hulle het my ma vasgebind en gesê ons moet stilbly. Hulle is toe by die kamer uit en het die deur toegemaak. Ons het gehoor hoe hulle in die huis rondbeweeg. Dit het in ‘n stadium geklink of iets val en toe het dit stil geword.”

Volgens Bianca was vyf rowers in die huis, waarvan twee vuurwapens en een ‘n groot skroewedraaier gehad het.

“Na ‘n ruk het ek my seuntjie wakker gemaak. Hy het opgestaan en ‘n skêr gaan soek om ons los te sny. Ek het met die motor na die bure gejaag om hulp te kry. Die polisie was gou op die toneel en het met honde die rowers se spoor probeer volg, maar dit verloor.”

Die rowers het gevlug met selfone, rekenaartablette, skootrekenaars en ander besittings. “Hoewel die hele episode net so tien minute geduur het, het dit soos ‘n ewigheid gevoel.”

Bianca en haar ma het dié week saam met die polisie gewerk om identiteitsketse van die aanvallers saam te stel.

Harmse word vandag (Donderdag) in Pretoria-Oos begrawe.

Die woordvoerder van die polisie, kaptein Augustinah Selepe, het gesê sake van huisroof en moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Man robbed of trailer at gunpoint