Wie nog ore het, laat hom hoor!

Wat Zenger geskryf het en die verhoor, het baie tot die Amerikaanse Vryheidsoorlog bygedra.

Sy storie was egter ‘n vulletjie.

Sowat 400 jaar gelede is Payne en twee van sy medeuitgewers se ore afgesny en hulle elk met £5 000 beboet omdat hulle dinge geskryf het wat dieEngelse koning nie aangestaan het nie. Die £5 000 was ‘n bietjie kwaai, en hulle is oorloos in die tronk gestop .

Herrie verneem die oor-afsnyery was ‘n aardige spulletjie. Die laksman was skynbaar ‘n bietjie lomp met die fyner werk soos oor-afsnyery, en ‘n stuk van Payne se linkerwang is saam met die oor af. Met die regteroor verbrou die laksman so effe. Hy was al van die stellasie af, toe iemand hom terugroep om sy brouwerk te kom klaarmaak. Die oor het nog so aan ‘n draadjie gehang.

Gelukkig vir Payne-hulle het Cromwell kort daarna aan bewind gekom en is die drie oorloses as helde vrygelaat.Tot dusver het Herrie se skrywerasies darem nog nie in die hof gaan draai nie.

Soos een van Herrie se gewese kollegas, wyle Steve, wat voor ‘n klomp manne ingery het. Toe hulle vir Steve wys hulle wil hom regsien, toe wys hy dis reg, en trek van die pad af. Groot fout. Steve wou sy neus weer laat reguit maak, maar Herrie het hom oortuig g’n niemand wat rugby gespeel het, se neus is presies reguit nie. Herrie s’n is dan ook al redelik gerangskik .Maar nou is Herrie meer oor ore begaan.

Nie dat Herrie eintlik daai laksman bang nie. As hy so sukkel met ‘n Engelsman se ore, gaan hy maar erg kleitrap met Herrie se “blikore”.Om Vrystaters Blikore te noem is Herrie oortuig dit het met die baie windpompe in die provinsie te make. Hulle het mos groot blik ore. Maar die woordeboek sê dis ‘n spottery met die dom Vrystaters.

Herrie prosedeer nou teen daardie woordeboekmanne.

(Geskryf deur Herman Toerien)

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Wagpos groet staatmakers