“Ek het alles, wees net lief vir my.”

Haar kinders het al gevra wat sy vir haar verjaardag wil hê maar sy sê dat liefde die heel beste geskenk is.

Marietjie is nie jou tiepiese ouma nie en is steeds werksaam by Top Kleuterakademie waar sy al 11 jaar terug na die skool se babas begin omsien het. Regdeur haar onderhoud met die Kormorant hou sy die kleintjies dop en spring sy kort-kort om ‘n neusie af tevee, om ‘n val te voorkom of ‘n traan af te vee.

Sy is almal se ouma. Sy wys na ‘n muur vol fotos van kindertjies wat voorheen in haar klas was maar na die groter klasse toe moes gaan op ongeveer twee jaar oud. “Ek is die ouma van die hele skool. Hulle almal storm steeds op my af en raak baie opgewonde om vir ‘ouma’ te sien wanneer ek afstap na hul klasse toe,” vertel Marietjie tevrede.

Wanneer Marietjie gevra word hoe sy steeds so jonk van gees en aan die gang is, antwoord sy dat sy nog altyd so is. “Ek is baie ‘outgoing’ en dit is vet pret,” lag sy. “Ek en my ou man het die naweek by die oulike nuwe eetplek teen die berg langs die kabelkarretjie gesit en wyn drink ,” sê sy. “Toe ek sien dis wyn waarvan ek niks hou nie, sê ek dat dit die slegste wyn op aarde is, en die kelnerin stem saam. Ek het haar sommer ge ‘high five.'”

Marietjie het 11 jaar gelede Hartbeespoort toe verhuis vanaf Graaff Reinet, waar sy haar eie klein skool gehad het. “Met ons aankoms in Hartbeespoort het ek die geadverteerde pos by Top Kleuterakademie raakgesien, aansoek gedoen en die werk is van daar af myne,” vertel dié ma van vier en ouma van vier kleinkinders. “Ek is nog altyd mal oor kinders, veral die kleintjies.” ‘n Kleintjie begin hartseer huil vir haar bottle waarvoor dit nog nie tyd is nie, en al wie haar kan troos is ouma Marietjie.

Buiten die konstante buk en buig om babatjies op te tel wat reeds baie fisiese werk en redelike krag verg, bly Marietjie fiks deur middle van die 5km ‘Park Run’ staproete wat sy elke naweek voltooi. “Ek werk ook in die tuin, ons gaan kuier vir die kinders, gaan eet uit of nooi vriende oor,” verduidelik sy. “Ek is egter ook ‘n regte ou huishen.” “Ek hou daarvan om te brei en vind altyd iets om mee besig te bly.” Sy vertel dat sy deesdae net tot 13:00 werk, maar dat dit haar gladnie pla nie omdat sy nooit verveeld raak nie.

Marietjie beplan gladnie om af te slek of op te hou werk nie. Sy sê dit is vir haar ‘n wonderlike gevoel wanneer die kleintjies se ouers hulle in die oggend by haar los, hulle kyk hoe mamma of papa wegstap maar hulle veilig en tevrede voel by haar. “Elke baba is so belangrik hier,” vertel sy. “Ons sorg nie net dat die boudjies droogbly en daar ‘n bottel in hul monde is nie.” Sy sê dat elke kindjie ewe belangrik is. “Ons sorg dat hulle op die regte tyd loop en kruip en sit en reg ontwikkel in alle opsigte.”

Vir dae wanneer sy nie om haar skool kindertjies is nie, het Marietjie haar kleinkinders. “Nou die dag het die drie-jarige enetjie kamstig ‘n seerplekkie erens gehad in die winkel sentrum, toe ‘abba’ ek haar maar en het ons lekker gesing en raas ons deur die winkels.”

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
“Die kunstenaar is gedurig op reis.”