Sy gooi haar mantel vir die wolwe

Elizma van Heerden in die mantel wat sy self ontwerp het en wat nou vir die Husky Romi Wolf Sanctuary geskenk word.

Elizma van Heerden, ‘n gr.12 leerling van die Hoërskool Hartbeespoort, het onlangs besluit om haar liefde vir albei te kombineer en boonop in die guns van liefdadigheid en wolwe, haar gunstelling dier, te gebruik.

Sy en haar ma koop juwele by ‘n vrou wat hulle eendag vertel het van die Fantasy Fayre wat gereeld plaasvind vir almal wat mal is oor fantasie, feetjies, elwe, ridders, ‘steampunk’ ens ten bate van ‘n liefdadigheidsprojek. Toevallig noem die vrou aan hulle dat die volgende Fantasy Fayre wat plaasvind ten bate van die Husky Romi Wolf Sactuary is, en dit trek onmiddelik Elizma se aandag.

“Die wolf is my spirituele diere-simbool,” vertel Elizma, en omdat die Husky Romi Wolf Sanctuary ‘n nie-winsgewende liefdadigheisorganisasie wat ‘n plek van veiligheid bied vir verlate en mishandelde husky honde en wolwe in Suid-Afrika is, het sy dadelik belang gestel. Dié reservaat hou huskies aan wat, as gevolg van hul gekompliseerde geaardhede, nie as troeteldiere aangehou kan word nie.

Onmiddelik het Elizma begin dink aan maniere wat sy kon bydra en ook help fondse insamel vir die Husky Romi Wolf Sanctuary, en besluit toe dat sy een van haar uitrustings, ‘n skouermantel waarop haar vriendin, Sue-Marie Clarke ‘n wolf geverf het, aan die reservaat sal skenk.

“Mense kan nou lootjies koop en aan die einde dalk die mantel wen,” vertel sy. “Dit kan gedra word na ‘n Halloween of enige fantasiekostuum geleentheid.” Kaartjies kos R 40 elk of R 100 vir drie, en die wen lootjie sal dan by die Fantasy Fayre wat op 2 April by die Moors kasteel in Muldersdrift plaasvind, getrek word.

Om hierdie mantel, enig in sy soort, te wen moet Husky Romi gekontak word per e-pos na larry@huskyromi.co.za or nolia@pentasure.ws, of ‘n besoek na die Fantasy Fayre Facebook blad.

Elizma het in gr. 10 besluit om te begin ontwerp. “Ek het ingeskryf vir die Young Designers kompetisie by ons skool, waar daar verskeie kategorië is.” Sy het vir die ‘Funky’ kategorie ingeskryf en met ‘n reenboog-kleurige mantel en wit rok gewen.

Elizma vertel dat sy idees huistoe neem, haar ma Dalize van Heerden, wat ook mal is oor fantasie en ontwerp daarvan vertel, Dalize dan die patroon optrek, sy als uitsny en haar ouma, Gerrie le Roux die naaldwerk doen. “My ouma is baie heilig oor haar naaldwerkmasjiene.”

Wil sy ‘n bekende ontwerper word? Nee. Elizma wil graag in ‘n sielkundige rigting studeer na skool, en hoewel sy seker altyd vir haarself uitrustings sal ontwerp wat die publiek, volgens haar, partykeer as vreemd sal ag, sal dit altyd net ‘n stokperdjie vir haar wees.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Osgood Schlatter disease