Vier-en-twintig beseer in ongelukke die naweek

Ses mense is Vrydagmiddag beseer toe twee voertuie kop-aan-kop in Bokfontein, buite Brits, gebots het. Al die beseerdes het minder ernstige beserings opgedoen en is na die Brits Distrikshospitaal geneem vir behandeling.

*’n Agtienjarige meisie het Saterdagmiddag menigvuldige ernstige beserings opgedoen toe die motorfiets, waarop sy was, op die Mount Amanzipad met ‘n voertuig in ‘n ongeluk betrokke was. Haar beserings het ondermeer talle frakture van haar regter onderbeen en -voet ingesluit. ‘n Dokter op die toneel het behandeling begin en die HERU-span het met hul aankoms oorgeneem. Die jong vrou is na Mediclinic Brits geneem. Sy was saam met nog ‘n persoon op die motorfiets maar dié persoon het behandeling van die hand gewys.

* ‘n Ongeluk tussen ‘n taxi en ‘n bakkie op die Thabazimbipad, buite Brits, Saterdagmiddag het sewe mense met beserings gelaat, waarvan twee ernstig beseer is. Die ernstig beseerde mans het ernstige frakture opgedoen. Vyf van die beseerdes is na Mediclinic Brits geneem en die ander twee na die Brits Distrikshospitaal.

* Agt mense was Sondagmiddag gelukkig om minder ernstige beserings op te gedoen het toe twee voertuie in ‘n ongeluk op die N4 in Majakaneng betrokke was. Aanduidings op die toneel was dat een van die voertuie van agter in die ander vasgery het. Al die beseerdes is na die Brits Distrikshospitaal geneem.

* ‘n 29 jarige man is Sondag vroegaand kritiek beseer toe hy skynbaar op die Thabazimbipad naby die Bloubul Padstal van ‘n bakkie afgeval het. Hy het ‘n vermoedelike breinbesering opgedoen en is per ambulans na die Brits Distrikshospitaal geneem vanwaar hy per noodhelikopter na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Johannesburg gevlieg is vir spesialisbehandeling.

* Slegs een person is beseer toe ‘n trok en twee voertuie Maandagoggend in ‘n botsing in Skeerpoort betrokke was. Die beseerde is na Mediclinic Brits geneem.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Vier dood in gru-ongeluk

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other