Brits vrou aangerand, gemartel

Anita Vosloo, ‘n onderwyseres, was 12:00 alleen by die huis toe die rowers die voordeur oopgebreek het en haar in die huis verras het.
“Ek was besig om kaste reg te pak in die aantrekkamer toe ek ‘n geluid hoor, maar ek het gedink dit is my man wat huis toe gekom het. Die volgende oomblik toe staan ‘n man met ‘n vuurwapen en balaklava oor sy gesig by my en ruk my uit die aantrekkamer,” het Anita dié week aan Kormorant vertel.
Anita se ma en dogter het sowat tien minute vroeër ook gery.
“Hy het gevra wie nog in die huis is en met wie ek laaste op die telefoon gepraat het. Nog twee mans het te voorskyn gekom, een met ‘n pik en een met ‘n vuurwapen. Hulle het vir geld en juwele gevra. En toe slaan een my met die vuis in die gesig. Hulle het my rondgestamp en gedrieg om my te verkrag en dood te maak.”Die rowers het in ‘n stadium messe uit ‘n laai gehaal en gedreig om haar dood te steek. “Een het gesê hy gaan my met die pik doodslaan. Toe hulle die kluis se sleutels soek en ek sê my man hou dit by hom, het hulle gesê ek wil nie saamwek nie.” Hulle het haar op die vloer neergegooi, vasgemaak en ‘n kombers oor haar kop gegooi. Die mans het Tswana gespraat, wat Anita verstaan. Een van die rowers het vir die ander gesê om haar nie dood te maak nie.
“Weens die bloed in my gesig van my gekraakte neus, kon ek nie asem kry nie. Ek het vir hulle gesê en hulle het my toegelaat op regop te sit. Ek het vir die ergste gewag. Na ‘n ruk het dit stil geraak en ek het besef hulle is weg.
Die mans het ongeveer ‘n uur in die huis spandeer en ondermeer ‘n staalkluis uit die vloer gebreek en dit in die gang afgesleep. Hulle het omtrent alles in die huis omgekeer en het gevlug met televisiestelle, musieksentrum, skootrekenaars, juwele, klere en ander besittings.
‘n Verdagte Volkswagen Golf is by die toneel gesien en daar word vermoed dat die rowers daarin ontvlug het.
Anita het ‘n gekraakte neus en kneusplekke opgedoen.
“Ek is net dankbaar ek leef en het net ‘n hou in die gesig en paar kneusplekke weg. En ek is net so dankbaar dat my kind en man nie huis toe gekom het nie. Anders was ons almal dalk dood.”

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Brits vrou wreed vermoor