Jericho-inwoners grawe gate vir water

Leon Basson, DA skaduminister vir water en sanitasie, sê hy was geskok met ‘n besoek aan Jericho. “Net een van die agt boorgate in die nedersetting werk en die inwoners loop kilometers ver om in die Sandslootrivier gate te grawe tot hulle water kry. Dan gooi hulle bleikmiddel in die water en laat staan dit om kieme dood te maak. Hulle deel die water met beeste en maak die gate met takke toe om te keer dat die diere nog daarvan drink,” het Basson gesê.”Nou het entrepreneurs hiervan te hore gekom en ry nou rond en verkoop water aan die inwoners. Die Madibeng-munisipaliteit kom baie ongereeld met watertrokke en kyk nie na die mense nie. Die instandhouding van die waterinfrastruktuur en dienslewering is swak.”Basson gaan nou die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, vra om in te gryp. “Die munisipaliteit moet dringend meer boorgate sink en gereeld water aflewer.”

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Brits-inwoners stik in die stank