Boer sterf na plaasaanval

    Dries Botha (57) het ernstige inwendige beserings opgedoen toe ses gewapende mans hom Dinsdaand 08:00 op sy plaas by Klipkop oorval en geskiet het. Botha het vir sy lewe baklei, selfs na hy gewond is, en die aanvallers het uiteindelik gevlug. Hy was in die bors, maag, skouer en arm getref. Van die koeëls het sy pankreas ernstig beskadig.
    Botha was die afgelope week in ‘n kritieke toestand in die Brits Mediclinic se intensiewesorgeenheid en is Sondagmiddag na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg na sy toestand verder versleg het.
    In ‘n roerende boodskap van sy vrou op Whatsapp het sy geskryf sy sou graag nog vir hom wou sê hoeveel mense vir hom omgegee het.
    “Julle, dis verby, Dries het dit nie gemaak nie. Ek wou so graag vir hom wys hoeveel mense vir hom omgee en saam met ons bid en elke tree daar was. Dankie vir elkeen van julle, ek en my kinders sou dit nie sonder almal gemaak het nie. Ons berus by Sy besluit.”
    Botha is die aand van die aanval na sy stoor toe om die alarm aan te sit toe die mans hom oorrompel het. Hulle wou die stoor se sleutels hê en het hom vier keer geskiet en met ‘n pyp geslaan.
    “Ten spyte daarvan dat hy geskiet is, het my pa aanhou terugbaklei tot die rowers later op vlug geslaan het. Hy het dit selfs reggegkry om die sleutels weer by hulle af te vat en terug te stap huis toe,” het sy seun Dries (23) na die aanval gesê.
    Dries se vrou, Drieka (53) het die skote gehoor haarself in ‘n donker badkamer toegemaak en bure vir hulp gebel.
    Die Hartbeespoort polisie het verlede Woensdagnag sewe verdagtes in hegtenis geneem wat met die aanval verbind word. Die klag teen hulle sal nou na moord verander word. Die sewe is tans in aanhouding in die Hartbeespoort polisieselle.

    Sien ook:

    Six arrested for recent farm attacks

      AUTHOR
    Daleen van Manen
    Journalist

    find your
    dream home

    looking for an
    affordable
    apartment

    List your Property

    It's easy in only three
    simple steps...

    find professional
    services in
    your area

    Locate a business
    operating in
    your area

    List your Business

    Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

    Latest News

    COMMENTS

    getitadlogo2
    Top
    Recommended Story x
    Boer krities na plaasaanval buite Brits

    Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

    Don't forget to verify your email.

    SUBSCRIBE
    to our free NEWSLETTER
    !
    SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




    SELECT your titles:

    Kormorant


    Your details:


    Your friends:

    I didn't sign up for this
    I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
    I'm relocating (Please indicate where to)
    Other