Waar of wolhaar?

John Smith van Hartbeespoort skryf:

Na aanleiding van ‘n skrywe rakende die voorgenome planne om die oosoewer in ‘n pragtige vakansieoord te ontwikkel blyk nou net wolhaar stories te wees. Daar is met groot afwagting uitgesien om hierdie planne noukeurig dop te hou, maar helaas het daar nie te veel van gekom nie.
Eerstens is dit uiters onstellend om te sien hoe dit by die ingang van die oewer lyk. Dit het eensklaps in ‘n skrootwerf verander.
Dit is ook onmenslik om te sien hoe twee bejaarde mense in ‘n ou houthuis by die hek permanent woon. Dan praat ons nie eers van die toestand van die huisie met plastiek voor die vensters nie.
Volgens beloftes gemaak deur die eienaar dat daar geen permanante inwoners op die oewer gronde sal woon nie was ook maar net wolhaar stories.
Die eienaar moet kennis neem dat hy hom kan gereed maak vir probleme indien hy nog meer plakkers by die oewer gaan toelaat.
Daar is wel tot ‘n sekere mate verbeterings aangebring maar bogenoemde feite oorskadu dit wat alreeds gedoen is. Dit is ook baie opmerklik dat veral oor die Paasnaweek maar baie min swart mense in die oewer te siene was.
Is dit ‘n teken van rassisme of is hulle geld ‘n ander kleur.
Houthuisies verrys so ongesiens tussen die bosse sowel as tente en kort voor lank sit ons met ‘n wit plakkerskamp op ons voordeur.
Wees verseker meneer die eienaar, jy sal nie hiermee weg kom nie.
As inwoners vra ons u asseblief om by u beloftes te hou en die entoesiasme waarmee u weg gespring het te probeer volhard.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getitadlogo2
Top
Recommended Story
Meerhof se leiers