GHS tennis derde by TSA toernooi

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman se onder 12 tennis span eindig met ‘n derde plek en verower brons in die TSA Best Schools toernooi tweede fase. Skole van Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes het deelgeneem.