Woedende inwoner breek munisipale kantoordeur

‘n Woedende inwoner het na bewering verlede week die munisipale kantoor in Schoemansville se deur gebreek toe sy haar glo vererg het omdat die lisensiekantoor gesluit was.

“Die lisensiekantoor was ongeveer 14:00 gesluit omdat die personeel ‘n vergadering by die Madibeng munisipale kantore in Brits moes bywoon. Die vrou het by die ander munisipale kantoor ingestap en was woedend. Toe sy meegededel word dat die lisensiekantoor gesluit is vir die dag, het sy die deure so hard toegeklap dat twee glaspanele in skerwe gespat het,” het ‘n ooggetuie, gesê. ‘n Sekuriteitsbeampte het haar agterna gesit en gesê sy kan nie net wegloop nie.”

Daar is nog nie ‘n saak van saakbeskadiging deur die Madibeng munisipaliteit by die polisie aanhangig gemaak nie.