Vangwa met gevangenes in ongeluk op R511

‘n Ongeluk tussen ‘n polisievangwa en ‘n bakkie op die R511 Donderdagoggend het vir groot toeskouerwaarde gesorg toe gevangenes langs die pad aangehou is terwyl daar vir bystand gewag is.


Skynbaar was die Brits polisiestasie se vangwa met gevangenes vanaf Hartbeespoort na die Brits-landroshof op pad toe hulle met ‘n bakkie gebots het. Die vangwa het die bakkie getref en is ernstig beskadig. Die gevangenes moes die vangwa ontruim en is langs die pad deur polisiebeamptes aangehou tot ander vervoer opgedaag het.

Een toeskouer het tereg opgemerk: “Gelukkig was die polisie eerste op die toneel!”
Volgens Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), wat op die toneel was, is niemand beseer nie.