Wagposters laat rekords spat

Verskeie leerlinge van Die Hoërskool Wagpos het tydens die afgelope Interhoër in Potchefstroom die bestaande byeenkomsrekords oortref. Paul Strydom (800m naelope in 2:22.05, was 2:25.39), Marozé van den Berg (200m naelope in 26.90, was 27.45), Adriska Pretorius (diskus 32.03m, was 27.74m en asook gewigstoot 11.59m, was 11.45m), Etienne van Wyk (1500m langafstande in 4:27.60 en was 4:54.96, 3000m langafstande – o/17, hoewel hy nog o/16 is in 9:37.33 en was 10:57.29) en JP Oosthuizen (400m naelope in 0.50.86, was 0:51.67). Henrico Oosthuizen (200m naelope in 23.78, was 23.88), Mario-lize Breet (800m in 2:40.87 en was 2:52.22, en asook 400m in 1:05.18 en was 1:09.69), Nico Kruger (vêrspring 6.07m, was 5.87 m) en Jared Cronje (1500m langafstande in 4:32.61 en was 4:49.55, en asook 3000m langafstande in 10:21.37). Carmen Cambell het die hoogspring verbeter na 1.60m, was 1.50 m)

Voor van links is Paul Strydom, Marozé van den Berg, Adriska Pretorius, Etienne van Wyk en JP Oosthuizen, en agter is Henrico Oosthuizen, Mario-lize Breet, Nico Kruger en Jared Cronje.