Randwater verminder Hartbeespoort se watertoevoer, Madibeng skuld R14 miljoen

Hartbeespoort-inwoners kan hul regmaak vir minder water na Randwater Sondag afgekondig het dat die toevoer Maandag met 20% verminder sal word weens Madibeng se skuld van meer as R14 miljoen.

Volgens Justice Mohale, woordvoerder vir Randwater, is Madibeng een van drie munisipaliteite wat ingelig is dat die watertoevoer Maandag met 20% verminder sal word indien die munisipaliteit nie onmiddellik R10 501 676 betaal nie. Madibeng skuld Randwater ‘n totale bedrag van meer as R14 miljoen.

“Die betrokke munisipaliteite is bewus daarvan dat die kantore van die ministers van water en sanitasie, menslike nedersettings en tradisionele sake, sowel as die nasionale tesourie in kennis gestel is van die voorgenome kredietbeheermaatreĂ«ls,” het Mohale gesĂȘ.

Randwater verskaf water aan Meerhof, Ifafi en dele van Melodie.

Volgens DA-wykraadslid, Erna Rossouw, ontvang munisipaliteite kennisgewings reeds sowat 14 dae voor die beoogde vermindering. “Dit is ‘n skande dat die munisipaliteit die inligting wegsteek en nie aan wyksraadslede kommunikeer om die gemeenskap in te lig nie. Die munisipale raad en inwoners moes dit soos die res van die land in die koerante lees.”