Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) se onder 11 tennisdogterspan het nuwe tennissakke, geborg deur Tennis Court Maintenance SA ontvang. Die drukwerk is geborg deur Postnet Hartbeespoort. Tennis oor alle ouderdomsgroepe by GHS kry ‘n herlewing met baie nuwe jong tennistalent, sowel as toegewyde onderwysers en ouers. Die spanne oefen weekliks saam en daar is ‘n heerlike gees van samehorigheid onder spelers sowel as ouers.
