Britsies presteer by NW-atletiek

Laerskool Brits se atlete het puik tydens die afgelope Noordwes atletiekkampioenskappe presteer. Hierdie atlete het almal persoonlike beste tye en afstande behaal. Joshua Gouws (onder 12) gaan na die SA-kampioenskappe as die no 1 verspringatleet in Noordwes met sy wenafstand van 4,84 m.

Agter van links is Maritsa de Beer (onder 12), Wilance Bruwer (onder 12), Leanzé van Rooyen (onder 12), Joshua Gouws (onder 12) en Anke van Rooyen (onder 13), en voor is Quenné Botha (onder 11).