60 Jaar getroud

Nic en Lettie Stoop van Hartbeeshof Aftreeoord vier Donderdag, 2 Julie, hul 60ste huweliksherdenking.

Nic en Lettie Stoop

Dit wil gedoen word. Die egpaar sê hul resep vir ‘n lang en gelukkige huwelik is wedersydse respek, geloof, harde werk en baie liefde.

Nic en Lettie het albei voorheen by Pelindaba (vandag Necsa) gewerk en het in 1969 na Hartbneespoort verhuis waar hulle eiehandig hul eie huis gebou het. Die egpaar het in 2005 na die Hartbeeshof Aftreeoord verhuis.

“Lettie is ‘n kranerige naaldwerkster wat al die jare haar eie klere gemaak het. Sy is ‘n kok duisend, veral haar droeë koekies. Nic het in die kerkraad van verskeie kerke gedien en was deel van die groepie wat gehelp het om die Hervormde Kerk af te stig van Magaliesmoot. Sy groot liefde is visvang en sterre kyk. Hy was die stigterslid van die Pelindaba Hengelklub en die tesourier en hulle was ook die stigterslede van die SA Kunsaashengel en deel van hul bestuur,” sê Eurika le Roux van die Hartbeeshof-diensbestuur.

“Nic en Lettie, mag julle nog lank vir mekaar gespaar bly.”