Buurtwag staan twee lede aan die dood af

Die Ifafi/Melodie Buurtwag het verlede week twee van sy getroue lede aan die dood afgestaan.

Johan Maree (links) en Louis Fourie (reg)

Johan Maree (60) is op 22 Junie onverwags aan ‘n hartaanval oorlede. Louis Fourie (50) was op 20 Junie in ‘n ongeluk betrokke en het op 24 Junie aan sy beserings beswyk.

Albei was ongeveer 10 jaar lede van die Ifafi/Melodie buurtwag.

“Dit is ‘n groot verlies vir die buurtwag. Johan en Louis was getroue patrolleerders wat ons gemeenskap veilig gehou het. Ons kon altyd op hulle staatmaak om te help,” sê Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum.

“Hulle laat ‘n groot leemte in die gemeenskap en ons dra ons innige simpatie aan hul familielede oor.”