Kardiewe besig in Hartbeepoort

Vier karre is die afgelope 10 dae in Schoemansville en Ifafi gesteel.

Kardiewe het die afgelope naweek ‘n Nissan-voertuig by ‘n huis in Cannon Crecent in Ifafi gesteel en op Woensdag, 8 Julie, ’n rooi Toyota Etios by die Madibeng munisipale kantore in Maraisstraat in Schoemansville. ‘n Wit Volkswagen Polo is Vrydagoggend, 10 Julie by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman gesteel en  Saterdag, 4 Julie, het ‘n Nissan NP200 by Village Mall. Diewe het ook Donderdag, 9 Julie, ‘n sleepwa by ‘n hoewe op Rietfontein gebuit.