Catherine dans na New York

Catherine Schoeman, ‘n graad 11-leerdling van Hoërskool Hartbeespoort, het onlangs gedurende die grendeltyd aan die virtuele Talent Africa Nationals deelgeneem en drie goue medaljes verower. Meer as 2 500 dansers van nege lande het deelgeneem. Sy het goue medaljes verower in ballet, kontemporêr en klopdans. Sy is gekies vir Team SA wat Suid-Afrika in New York sal verteenwoordig vir die internationale kompetisie.

Catherine Schoeman