Een dood toe kar van wal stort

Een persoon is dood toe sy voertuig Vrydagmiddag op die N4-snelweg van ‘n wal afgestort het. “Die gebeure wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, is onduidelik, maar dit wil voorkom asof die voertuig in ‘n trok vasgery het en toe teen die wal af is,” het Leandre Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), gesê. Die person is op die toneel dood verfklaar. Daar was geen ander beserings nie.

In nog ‘n ongeluk Woensdagoggend op the R104 naby Brits, is 16 mense beseer toe ‘n taxi in ‘n trok vasgery het. Een pasiënt is ernstig beseer, terwyl die ander ligte beserings opgedoen het. HEMS het die beseerdes na ‘n hospitaal in Brits vervoer.