Vrou en drie mans vas vir diefstal van hekmotors

Drie mans en ‘n vrou is Donderdagoggend in hegtenis geneem vir diefstal van hekmotors in die Schoemansville-gebied in Hartbeespoort.

Beeldmateriaal van sekuriteitskameras in Scottstraat, Schoemansville


Die mans is in die vroeë oggendure op sekuriteitkameras opgemerk waar hulle met ‘n hekmotor in Scottstraat in Schoemansville loop. “Die buurtwag is ingelig en lede was op die uitkyk vir die diewe. Ongeveer 08:30 het ‘n lid van die gemeenskap die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum gekontak en en leidrade verskaf wat aan die polisie deurgegee is,” het Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum, gesê.
Polisielede is na die perseel in Schoemansville, wat aan hulle uitgewys is, en het vier hekbatterye in die besit van drie mans en ‘n vrou gevind. Al vier is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal. Hulle sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn.