Sonop sonder water, Madibeng se Eskom-rekening nie betaal

Sonop en omliggende gebiede was die afgelope naweek sonder water omdat ‘n Eskom-rekening glo nie deur die Madibeng-munisipaliteit betaal is nie.

“Die watertoevoer na Sonop, Khalanyoni en Skierlik het Vrydag begin verminder en daar is aanvanklik gedink die pomp by die wateraanleg is stukkend. Saterdag was daar geen water nie. Met ondersoek is egter vasgestel dat die pomp niks makeer nie, die elektrisiteitstoevoer is afgesny. Op navraag, het die waarnemende direkteur van tegniese dienste by Madibeng gesê die Eskomrekening is nie betaal nie en die elektrisiteitstoevoer na die aanleg is onderbreek,” het Elsa Lourens, VF+-raadslid, gesê.

Twee watertrokke is Sondag en Maandag na die gebiede gestuur. Intussen is die elektrisiteitstoevoer na die Langberg-begraafplaas ook wens wanbetaling gesny.