Vier beseer in Silkaatsnek-ongeluk

Vier mense is Donderdagmiddag beseer, twee ernstig, tydens ‘n botsing by die R514/Silkaatsnek-kruising. Twee ligte voertuie het gebots en twee mense is in ‘n ernstige toestand met twee noodhelikopters na hospitale in Johannesburg gevlieg. Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die ander twee beseerdes na ‘n hospitaal in Brits vervoer.