Eenjarige kind dood toe trok oor hom ry

‘n Eenjarige seuntjie is Woensdag, 26 Augustus, in Skeerpoort dood toe ‘n trok oor hom gery het na die bestuurder nie gesien het die kind speel onder die voertuig nie.

Volgens polisiewoordvoerder, kol Adele Myburgh was die trok ongeveer 16:00 voor huise op die perseel van ‘n pluimveeboerdery geparkeer.

“Kinders het in die omgewing gespeel. Die 31-jarige trokbestuurder het die trok kom haal en was onbewus van die kind onder die trok. Hy het die trok aangeskakel en weggetrek en die kind raakgery,” het sy gesê.

“Nooddienste was op die perseel en het die kind dood verklaar.”
Die Hartbeespoort polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.