Fietsryer dood toe sleepwa hom tref

‘n Fietsryer is Woensdagoggend by die Hartbeespoort Damwal dood toe hy deur ‘n sleepwa, wat van ‘n bakkie losgekom het, getref is. Hartbeespoort Emergency and Medical Service (HEMS) het die man op die toneel dood veklaar. Die ongeluk het naby die slang- en dierepark gebeur. (Foto: HEMS)