Hartbeespoort dans die medaljes los

Vier jong Hartbeespoort-dansers het onlangs hul danspassies op Talent Afirca se nasionale aanlyn-kompetisie uitgehaal. Hulle het die medaljes ingeryg en altesaam vier goue en agt silwer medaljes losgedans. Kelsey Schutte (6) het twee silwer medaljes en ‘n goue medalje verower, Jay-Den Mihiaj Stezak (9) twee silwer en een goud, Jo-Marie van Rooyen (10) een silwer en een goud, en Tiscany van Jaarsveld (15) drie silwer en een goud.