Vier beseer in bakkie-ongeluk

Vier mense is Saterdag beseer, waarvan twee kinders, in ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en ‘n kar op die Letlhabile-pad by Brits. Volgens ooggetuies het een voertuig ‘n u-draai voor die ander gemaak. Twee volwassenes is ernstig beseer en die kinders het net ligte beserings opgedoen. Almal is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer.