Beste redenaar in SA!

Kyle Hurter van die Gladdebekke-redenaarskool in Hartbeespoort is as die beste Afrikaanse Graad 3 spreker in die land tydens die onlangse virtuele Interskole Redenaarskompetisie aangewys. Kyle was een van 19 gladdebekke wat deur Pauli van Niekerk afgerig word. Hy is ‘n leerling by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman.