Twee beseer in ongeluk op nuwe Pampoennek-pad

Twee mense is beseer in ‘n ongeluk tussen ‘n kar en ‘n bakkie op die nuwe R512 Pampoennek-pad Saterdagaand. “Dit wil voorkom asof een voertuig ‘n u-draai gemaak het en toe met die ander voertuig gebots het,” het Leandre Spies van Hartbeespoort Emergency Medical Servce (HEMS) gesê. Albei beseerdes is na ‘n hospitaal in Brits vervoer.