Britsies praat ‘n hond uit ‘n bos

Dié vier leerlinge van Laerskool Brits het die skool hoog gehou tydens die afgelope virtuele Radikale Redenaarskompetisie. Lian Claasen, Drian du Preez en Martenéze Gower het elk ‘n A-simbool in die afdeling vir Moedertaal verower. Zander Claassen het ‘n A+ in die Eksperimentele afdeling verower en Marteneze ‘n A+ in die Radikale Redenaars se leesafdeling.