Duisende daggaplante uitgeploeg

Duisende daggaplante is die afgelope week by Kleinfontein by Brits uitgeploeg na dit deur die gemeenskap ontdek is.

“Lede van die gemeenskap het die daggaveld, wat ongeveer ‘n hektaar beslaan het, ontdek en dit aangemeld. Die polisie is ingelig en dit is in samewerking met die gemeenskap uitgeploeg en vernietig,” het Chris Degenaar van Tactical K9 Sekuriteit, gesê. “Dit blyk dat die dagga sonder ‘n grondeienaar se toestemming deur ‘n persoon aangeplant is. Die geskatte waarde van die plante is byna ‘n halfmilloen Rand.” Die plante is met grondverskuiwingmasjiene uitgeploeg.