Een dood in kop-aan-kop

Een persoon is Saterdagaand dood toe twee voertuie op die R556 (Ou Rustenburgpad) in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was. Die persoon is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n persoon het slegs ligte beserings opgedoen. (Foto en inligting: HEMS)