Die Voortrekkers is 89!

Die Voortrekkers vier vanjaar hul 89ste verjaarsdag en in Hartbeespoort het die jeurgorganisasie ‘n propvol en interressante program gereed gehad vir 2020, maar toe kom COVID-19.

Voortrekker Binyamin Erasmus by ‘n spekboomprojek van die Hartbeespoort Voortrekkers.

Ten spyte van die grendeltyd, pandemie se negatiewe nuus het Hartbeespoort Voortrekkerkommando steeds aktiwiteite vir kinders aangebied. Met virtuele hulpmiddels is kentekens soos musiekwaardering, kuns, toeka, en ander aangebied. Daar is ook ‘n spesiale COVID-19-kenteken toegeken om hierdie “besondere” jaar te herdenk. Die Voortrekkers moes ‘n werksboek voltooi om dit te verdien. Kontak die Voortrekkers Hartbeespoort en word in 2021 deel van hierdie jeugorganisasie. Vir meer inligting kontak Adéle 083 261 8449