Hartbeespoort skole hou konsert

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en Hoërskool Hartbeespoort het verlede week saamgespan om ‘n gemeenskapskonsert te hou. Bekende kunstenaars soos Dewald Gouws, Kevin Leo en Jannie Moolman het ingestem om deel te wees van die suksesvolle aand by die V8 Roadhouse en daar was later nie meer plek vir ‘n muis nie. Pierre en Pauli Produksies het van hulle sangers ten toon gestel en die GHS Drama Akademie se leerders het ook op die verhoog ‘n draai gemaak.