Rowers rig vuurwapen op winkelsentrumbestuurder toe hulle betrap word

Die bestuurder van ‘n winkelsentum in Hartbeespoort is Saterdagoggend ongeveer 06:00 met ‘n vuurwapen gedreig toe hy toevallig rowers in die drankwinkel betrap het.


“Die bestuurder het ongeveer 06:00 by die sentrum opgedaag en gesien dat die Tops drankwinkel se deure oop is. Hy het die toeter geblaas en toe kom drie verdagtes uit die winkel. Hulle het ‘n vuurwapen op hom gerig. Hy het agteruit gery om van hulle weg te kom en die rowers het in ‘n wit paneelwa gespring en weggejaag,” het Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum, gesê.
“Hulle het met ‘n onbekende hoeveelheid baie duur drank gevlug.”
Die Hartbeespoort polisie ondersoek die roof.