Onnies bederf by GHS

Daar is geen ander spesie met soveel, geduld, uithouvermoë en toegewydheid soos ‘n onderwyser nie. Die onnies is sowaar bederf by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman op 5 Oktober 2020. Daar is reggestaan met heerlike middagete en die leerlingraad het elke onderwyser bederf met ‘n plantjie en sjokolade vir harde werk wat deur hierdie moeilike jaar onder moeilike omstandighede gedoen is.