Maak skoon en help ander

Lê jou huis vol goed wat jy nie wil hê nie, maar ook nie wil weggooi nie? Hierdie ongewensde items kan vir iemand anders ‘n uitkoms uit nood wees. Solidariteit Helpende Hand se “Ons Winkel”, ‘n liefdadigheidswinkel by De Handelspost Sentrum (by Obaro) verwelkom enigiets van klere, tot speelgoed, elektriese toebehore, meubels, boeke en enige ander items. Dié artikels word verkoop en die wins word gebruik om mense in die omgewing in nood te help, sowel as vir studiefondse vir behoeftige kinders.

Jou ongewensde items kan letterlik vir iemand ‘n wonderwerk verrig! En dit is ‘n heerlike plek om vir winskope te gaan snuffel.

Ons winkel is daagliks oop van 08:30 tot 17:00 van Maandag tot Vrydag en 08:00 tot 13:00 op Saterdag. Kontak Janet Papenfus by 061 945 1917 vir meer inligting.