Dieune is Dux-leerling

Dieune Mostert is Hoërskool Brits se Duxleerder en het die Adriaan Oppermantrofee van die hoof, Hardus du Plessis, ontvang. Dieune spog met ‘n gemiddeld van 94,3%, erekleure in akademie, atletiek, netbal, swem en redenaars. Sy het verskeie boekpryse ontvang sowel as die Nic Bassonwisseltrofee vir die beste prestasie in lewenswetenskap.