Drie beseer toe kar rol

Drie mense is beseer toe ‘n kar Saterdagaand, 24 Oktober, op die R511 naby Brits gerol het. Paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die pasiënte op die ongelukstoneel gestabiliseer voor hulle na ‘n hopitaal in Brits vervoer is.