Venita skenk kos vir hawelose diere

Venita Teitge, ‘n leerling van Hoërskool Brits, wou nie geskenke vir haarslef op haar 17de verjaarsdag hê nie, maar wel vir die hawelose diere by HAWS. Veinta het gevra dat vriende eerder hondekos skenk wat sy op haar verjaarsdag by HAWS afgelaai het. 17 sakke vir ‘n 17de verjaarsdag. “Baie geluk Venita, en dankie vir jou en elkeen wat bygedra het,” sê HAWS.