Een dood toe kar rol

Een persoon is dood toe ‘n kar Sondagaand op die R566 Rosslyn-pad gerol het. Hy is deur paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) op die toneel dood verklaar. Nog ‘n persoon is lig beseer en het vervoer na die hospitaal van die hand gewys. (Foto’s en inligting: HEMS)